Maandag – Vrydag, 08H00 – 13H00
Entoesiastiese, verantwoordelike & gemotiveerde individue word genooi om vir hierdie pos aansoek te doen. Die aangewese kandidaat sal direk aan die Bestuurder rapporteer.
VEREISTES:
- Die suksesvolle kandidaat is Afrikaans en Engels magtig
- Matriek (administratiewe opleiding en 3 – 5 jaar ondervinding sal voordelig wees)
- Boekhou/Finansiële agtergrond
- Netjies, stiptelik, goeie pligsbesef, ‘n spanspeler en wat goed met bejaardes kan skakel is ‘n noodsaaklikheid
- Goeie tydsbestuur en aandag aan fyn besonderhede
- Professionele en kliëntgerigte ingesteldheid
- Die persoon moet reeds in Hermanus woonagtig wees
VERGOEDING EN VERLOF:
- Mark verwante salaris, soos per Badisa riglyne
- Aftree skema en verlof voordele
- Rig aansoek, met ‘n volledige CV, Identiteitsdokument en bewyse van kwalifikasies, vir aandag: Die Bestuurder – epos: bestuurder@huislettietheron.co.za
- Sluitingsdatum: Maandag, 29 September 2025
- Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u teen 13 Oktober geen terugvoering van ons ontvang het nie, kan u, u aansoek as onsuksesvol aanvaar.